VF Plus-Jeug
VF Plus-jeug Fotos <   Die VF Plus-jeug is seker een van die belangrikste komponente van die Vryheidsfront. Anders as meeste ander partye het die VF-leierskorps besef dat die jeug die toekoms is en dat die jeug aktief betrek moet word om te help bou aan die toekoms.

Die VF Plus-jeug het strukture regoor Suid-Afrika en het selfs 'n tak in Londen. Die jeugbeweging is veral aktief op van die land se tersiêre instellings. So het die VF Plus-jeug reeds die afgelope vyf jaar die studenteraadsverkiesings op Tukkies gewen.

Die VF Plus-jeug het die volgende doelstellings:
  1. Om die missie van die VF ten volle na te streef.
  2. Om die Afrikanerjeug betrokke te maak by die Vryheidsfront
  3. Om die jeug se politieke denke te ontwikkel
  4. Leierskapsontwikkeling
  5. Om 'n samehorigheidsgevoel onder die Vryheidsfront se jeuglede te kweek.

Die VF Plus-jeug bied jaarliks 'n jeugkongres aan met groot sukses. Die kongres word bygewoon deur verteenwoordigers van regoor Suid-Afrika en word jeugsake in diepte bespreek.

Wil jy saam met ander Afrikanerjongmense betrokke raak by jou toekoms? Dan is die VF Plus-jeug die regte vennoot. Jou eerste stap is om ons te kontak en betrokke te raak.


KONTAKBESONDERHEDE:
Jeugleier: Jan van Niekerk
 
E-posadres <   E-posadres: jan.vanniekerk@mangaung.co.za
Telefoonnommer: 083 743 2042

VF+ jeugwoordvoerder: Mnr Pieter Groenewald
E-posadres: pjgr@vodamail.co.za
Posbus 655
Bloemfontein
9300