| |
| CURRICULUM
VITAE |
 |
| GENERAAL
C.L. VILJOEN (CONSTAND) |
- Constand Laubscher Viljoen is gebore op 28 Oktober 1933. Ontvang
laerskoolonderrig by die Perdekop Laerskool, en voltooi hoërskoolonderrig
aan die Hoërskool Standerton in 1951.
- Hy sluit aan by die Suid-Afrikaanse Weermag, en behaal die
graad B.Sc (B.Mil) by die Universiteit van Pretoria in 1955. Vanaf
1956 dien hy as ‘n artillerie-offisier in die Suid-Afrikaanse
Leër.
- Generaal Viljoen trou in 1957 met Christina Heckroodt van Jacobsdal.
Die egpaar het vier seuns en ‘n dogter.
- Generaal Viljoen se bevorderings het soos volg verloop:
1954: Tweede Luitenant 1968: Kolonel
1956: Luitenant 1971: Brigadier
1959: Kaptein 1974: Generaal-Majoor
1961: Majoor 1976: Luitenant-Generaal
1965: Kommandant 1980: Generaal
- In 1977 het Generaal Viljoen die Hoof van die Suid-Afrikaanse
Leër geword, en in 1980 die Hoof van die Suid-Afrikaanse
Weermag.
- In 1985 tree Generaal Viljoen af met pensioen, om voltyds te
gaan boer. Op sy plaas in die Ohrigstad-distrik in Mpumalanga,
boer hy met beeste en paprika.
- Generaal Viljoen het toegetree tot die politieke arena, toe
hy saam met drie ander Generaals in 1993 gehelp het met die stigting
van die Afrikaner Volksfront.
- Politieke verwikkelinge in Suid-Afrika het daartoe gelei dat
Generaal Viljoen die Vryheidsfront gestig het, en aan die April
1994 verkiesing deelgeneem het. In die verkiesing het die Vryheidsfront
640 000 stemme op hom verenig, wat aan die Party 9 verteenwoordigers
in die Parlement, en ook 5 senatore in die Senaat besorg het.
- In 2001 tree genl. Viljoen uit as leier van die Vryheidsfront.
Hy boer tans voltyds op sy plaas in die Ohrigstad-distrik en is
‘n direkteur van Krygkor se raad.
|
|