| |
|
Politieke inmenging is beslis een van die hoofredes vir die swak vertoning van die SA Krieketspan tans teen Australië, sê mnr. Leon Louw, hoofwoordvoerder vir Sport van die Vryheidsfront.
Mnr. Percy Sonn, president van die VKRSA, se besluit om die Suid-Afrikaanse spanbestuur te dwing om 'n tweede gekleurde speler in te sluit vir die derde kriekettoets teen Australië moet gesien word as 'n suiwer polities korrekte besluit om sodoende sy politieke hoofde, mnr. Balfour, minister van Sport en die ANC ter wille te wees. Terwyl sportadministrateurs soos mnr. Sonn, aanhou om sport te besoedel met polities gemotiveerde besluite, moet hulle aanvaar dat Suid-Afrika se sportspanne geen gesag meer gaan afdwing op internasionale gebied nie. Hierdie besluit van mnr. Sonn plaas ook net verdere onregverdige druk op die SA krieketspan wat na twee toetsnederlae teen Australië, reeds in 'n krisis verkeer.
Die VF is van mening dat nie kwotastelsels nie, maar suiwer meriete die maatstaf behoort te wees waarop sportspanne in SA saamgestel moet word. Indien dit nie gebeur nie, sal goeie prestasie nie meer ter sprake wees nie en sal internasionale borge en die publiek belangstelling verloor in SA sport en kan ons ook 'n uittog van topklas sportmanne en -vroue verwag.
LEON LOUW
Kontaknommer: 082 551 4517
|
|