Mediaverklarings : Getrouheidseed onwettig
    13/2/2008  
Titel :    Getrouheidseed onwettig
 
   


Die VF Plus win tans regsadvies in oor die wettigheid van die regering se beoogde getrouheidseed vir skoolkinders. 

Die getrouheidseed wat gister deur die Onderwysminister, me. Naledi Pandor bekengemaak is, is waarskynlik onwettig omdat dit van minderjarige kinders wat nie handelingsbevoeg is nie vereis om hulleself te kontrakteer. Dit was die reaksie van Willie Spies, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Onderwys, na aanleiding van gesprekke wat die party met regslui oor die wettigheid van die regering se beoogde getrouheidseed gevoer het.

Die getrouheidseed is nie soos ‘n gebed of bloot die aanhef van die grondwet nie, maar bevat sekere ondernemings en verbintenisse wat van kinders verwag word wat nie gemagtig is om kontrakte te sluit of ondernemings te gee nie. In gevolge die gemenereg as ook die onlangse kinderwetwysigings raak kinders eers op 18-jarige ouderdom meerderjarig.

Indien nodig sal die VF Plus regsaksie oorweeg om kinders te beskerm teen die regering se nuutste vergrype op die gewetens van kinders.



MNR. WILLIE SPIES
Kontaknommers: 083 676 0639



 
Uitgereik deur :    Mnr. Willie Spies
 
<< terug