Mediaverklarings : DA het saad geplant vir getrouheidseed
    13/2/2008  
Titel :    DA het saad geplant vir getrouheidseed
 
   


“Die aankondiging van die minister van onderwys, me. Naledi Pandor, dat `n getrouheidseed waar erkenning verleen word aan ongeregtighede van die verlede en hulde gebring word aan hulle wat die bevrydingstryd daarteen gevoer het, voortaan in alle skole voorgedra moet word, is arrogant en minag die regte van minderhede”, sę mnr. Jaco Mulder, VF Plus LPW en lid van die portefeuljekomitee vir onderwys in Gauteng.

Mulder het die DA verder daarvan beskuldig dat die DA en ANC voëls van eenderste vere is deurdat die DA op 18 Junie 2007 `n mosie in die Gauteng Wetgewer gestel het waarin Jack Bloom, DA-LPW vir Gauteng, gevra het dat presies dieselfde eed met `n uittreksel uit die aanhef van die grondwet van Suid Afrika verpligtend voorgedra moet word by alle staatskole tydens seremonies:

"Believing that our constitution needs to be actively promoted and affirmed as a unifying document that can assist in building civic responsibility and national unity, the DA therefore recommends that the Executive Council formulate a policy concerning the recitation in schools and at appropriate ceremonial events of a pledge of allegiance based on the preamble to the constitution."

Mulder het verder gesę dat die DA waarskynlik die mees roekelose en onverantwoordelike opposisieparty is wat enige land voor kan vra. Net soos met die oorloopwetgewing het die DA ook nou met die regering se beplande getrouheidseed die saadjie geplant wat onmiddellik deur die ANC aangegryp is. 

`Die eed poog om kwesbare skoolkinders tot `n permanente skuldkompleks te indoktrineer en die DA steun dit. Dit is `n skande en die VF Plus sal dit beveg", het Mulder bygevoeg.


JACO MULDER VF PLUS LPW
GAUTENG
Kontaknommers: 082 466 3786 / 011 498 5477



 
Uitgereik deur :    Mnr. Jaco Mulder
 
<< terug