| |
|
CURRICULUM VITAE
|
 |
| MNR.
ABRIE OOSTHUIZEN |
- Abrie Oosthuizen is op 3 Oktober 1950 te Wolmaransstad gebore en het groot geword te Ashton in die Boland.
- Hy voltooi sy hoërskoolopleiding aan die Hoërskool Montaque waar hy kaptein van sy skool se eerste rugby- en atletiekspan, sowel as voorsitter van die debatsvereniging was.
- In 1976 word hy op 26 jarige ouderdom die stadsklerk van Paul Roux in die Vrystaat.
- Sedert 1981 is hy 'n sakeman in Paul Roux waar hy ook nou betrokke in die gemeenskap was.
- In 1981 word hy op 29 jarige ouderdom verkies tot Burgemeester van Paul Roux, waartydens hy ook vir vier jaar 'n bestuurslid van die NOVS se Streeksontwikkelingsvereniging was.
- Hy was lid van die NP tot 1982 waarna hy 'n stigterslid van die Konserwatiewe Party word.
- In 1989 word hy as Parlementslid verkies vir die kiesafdeling Smithfield, wat in die Vrystaat as een van die belangrikste kiesafdelings beskou word.
- Hy word in 1992 tot leier van die Konserwatiewe Party in die Vrystaat verkies.
- In Maart 1994 is hy aktief betrokke by die stigting van die Vryheidsfront en word hy ook as leier van die party in die Vrystaat aangewys.
- Sedert 27 April 1994 is hy lid van die Vrystaatse Wetgewer waar hy in verskeie komitees dien. Hy was voorsitter van die Openbare Rekeningekomitee vanaf 1994-2009. Hy is tans voorsitter van die Landboukomitee in die Vrystaatse Wetgewer.
- In 2001 word hy aangewys as Nasionale Voorsitter van die Vryheidsfront Plus en is hy lid van die Uitvoerende Dagbestuur en Voorsitter van die Federale Dagbestuur.
- Hy het al verskeie kere as kerkraadslid in sy gemeente gedien.
- Hy speel graag tennis en geniet dit om tyd saam met sy gesin deur te bring.
- Hy is getroud met Karin Burger, 'n maatskaplike werker.
- Hy het twee seuns, Arno en Pierre en 'n dogter, Carli en 'n kleinseun.
|
|