Geskiedenis : Artikel 30 en 31
  ARTIKEL 30: Taal en Kultuur

  Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen, mag dit doen op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.


ARTIKEL 31: Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe

  1. Persone wat aan 'n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort mag nie die reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap -

a. hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en
b. kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.

  2. Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
 
Sien ook: Artikel 185 | Artikel 235 << terug