| Geskiedenis : Die
Vryheidsfront Plus |
Genl C Viljoen <
ANC Akkoord < |
|
Verkiesing
1994
Sewe-en-twintig
politieke partye het deelgeneem aan die Kemptonpark-onderhandelinge
voor April 1994. Die Vryheidsfront is in hierdie tyd onder leiding
van genl Constand Viljoen gestig en die
party het 'n akkoord met die ANC gesluit.
Negentien van hierdie partye het deelgeneem aan die verkiesing van
27 April 1994, maar net sewe het die parlement gehaal. Die Vryheidsfront,
destyds skaars 'n maand oud, het vierde gekom na die ANC, NP en
IVP.
Grondwet
Die belangrikste
gebeurtenis in die eerste politieke termyn was die skryf van Suid-Afrika
se nuwe grondwet. Hieraan het die Vryheidsfront aktief deelgeneem
en veral gefokus op die insluiting van selfbeskikking en groepsregte
in die grondwet.
Dit het meegebring dat die Vryheidsfront 'n sleutelrol gespeel het
in die insluiting van die volgende artikels in die nuwe Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996):
|
|
| Artikel
30 & 31 < |
|
|
|
| Artikel
185 < |
|
| |
>>
Artikel 185, wat voorsiening maak vir 'n Kommissie vir die
Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens-
en Taalgemeenskappe, en |
|
|
| Artikel
235 < |
|
| |
>>
Artikel 235, wat verwys na die konsep van die reg op territoriale
selfbeskikking. |
|
|
| |
|
Probleem
Alhoewel die
Vryheidsfront Plus sukses behaal het met die insluiting van groepsregte
en die reg tot selfbeskikking in die grondwet, beskou die party
steeds die grondwet as fundamenteel gebrekkig. Dit voldoen nog nie
aan die moderne volkeregtelike standaarde van selfbeskikking nie.
Die VF Plus sien die grondwet egter as vertrekpunt om nader te beweeg
aan die Afrikaner se ideale.
VF Aksies
Sedert
die aanvang van die grondwet, het die Vryheidsfront Plus doelgerig aksies
geloods om Afrikaner-belange te beskerm. Enkele voorbeelde: 'n Klagte
is by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie ingedien oor die
moorde in dorpe en stede, met veral klem op plaasmoorde. Die VF Plus
het gewen toe hy die regering met 'n dreigende hofaksie gedwing
het om Afrikaanse sensusvorms beskikbaar te stel. Die VF Plus het sy
saak by die Persombudsman gewen met sy beswaar teen 'n afbrekende
artikel oor die Afrikaner in 'n koerant, waarop die koerant om verskoning
moes vra. Die VF Plus maak ook toenemend gebruik van PANSAT om die miskenning
van Afrikaans teen te werk.
Jeug
Die Vryheidsfront Plus
ontvang ook die afgelope tyd toenemend die steun van Afrikaner-jeug.
So het die VF Plus die afgelope agt jaar die Studenteraadsverkiesings
by die Universiteit van Pretoria (die Suid-Afrikaanse universiteit
met die meeste Afrikaanssprekende studente) gewen.
|
|
|