| |
|
Verskillende politieke partye en Afrikaner
groeperinge het in die verlede die term "volkstaat" gebruik.
Omdat elkeen sy eie betekenis aan die woord gegee het, word heelwat
verwarrende en negatiewe konnotasies aan die woord geheg. Territoriale
selfbeskikking is internasionaal so ontwikkel dat dit nie met 'n enkele
woord volledig omskryf kan word nie. Daarom is die volgende agtergrond
noodsaaklik om die begrip te verstaan.
DERTIG STELLINGS OOR DIE AFRIKANER
EN 'N EIE GRONDGEBIED
|
|
|
|
|
Afrikanervolk
Die bestaan van 'n Afrikanervolk is 'n historiese gegewe wat kwalik
in twyfel getrek kan word; sosiale, politieke, ekonomiese en ander
faktore het in die geskiedenis op so 'n manier op mense ingewerk dat
'n selfbewuste en onderskeibare kultuurgemeenskap ontstaan het; 'n
gemeenskap waarvan die lede 'n onderlinge lotsverbondenheid ervaar
sover dit die verlede en die toekoms aangaan en wat deur 'n gesamentlike
staatstrewe beslag aan hulle politieke gemeensaamheid gegee het.

|
|
|
|
|
Verskeidenheid
Alle Afrikaners beleef vanselfsprekend nie hulle Afrikanerskap
dieselfde nie, tree nie eners ten opsigte daarvan op nie, en heg nie
eweveel waarde daaraan nie; dié soort verskeidenheid is normaal
en politieke verdeeldheid of selfs 'n oorwig van kritiese stemme hef
die gemeenskap se bestaan nie op nie.

|
|
|
|
|
Identifikasie
'n Volk bestaan dus nie by grasie van 'n voltooide en definieerbare
identiteit nie, maar omdat mense besluit om in terme van hulle volksgemeenskaplikheid
en met die oog op die toekoms met mekaar te identifiseer.

|
|
|
|
|
Roeping
Gelowige Afrikaners verstaan hulle volkskap as 'n roeping; 'n
geroepe volk moet egter voortbestaan, moet derhalwe vry wees en moet
daarom 'n land hê waarin hy hom kan uitleef.
|
|
|
|
|
Vryheid
Die Afrikanervolk beskik tans nie oor 'n land waar Afrikaners
'n onbetwiste meerderheid uitmaak nie en is sigbaar oppad na onvryheid
wat op ontbinding kan uitloop; vryheid kan slegs in 'n eie land
en 'n nuwe staat en samelewing gevind word.
|
|
|
|
|
Werkloosheid
Afrikaners staan voor grootskaalse werkloosheid wanneer regstellende
optrede in die nuwe Suid-Afrika die staatsdiens, poswese, spoorweë,
gesondheid en onderwys, polisie en weermag, instellings soos die SAUK,
Yskor, Eskom, Sasol, sowel as privaatbedrywe vir die groot werklose
menigte opeis.

|
|
|
|
|
Verspreiding
Vanweë Afrikaners se wye verspreiding oor Suid-Afrika kan
hulle nêrens politieke, administratiewe en kulturele instellings
op die grondslag van gelykheid en demokrasie oorheers nie.

|
|
|
|
|
Selfbeskikking
Die afwesigheid van 'n gebied waarin Afrikaners die oorgrote meerderheid
uitmaak, vernietig egter nie hulle aanspraak op selfbeskikking nie,
aangesien dit as 'n primêre reg van 'n volk beskou word en deur
die VF erken word.
|
|
|
|
|
Volkstaat
'n Staat is slegs 'n volkstaat wanneer die bevolking daarvan oorwegend
uit volksgenote bestaan, waarin alle permanente inwoners volle burgerregte
geniet en waar oop demokratiese verkiesings op volksregering uitloop.
|
|
|
|
|
Gemeenskaplikheid
Dit is 'n staat waarin gemeenskaplikheid ten opsigte van taal,
gebruike, afkoms, geskiedenis en staatsinrigtings vanselfsprekend
is.
|
|
|
|
|
Geen diskriminasie
Dit is 'n staat waarin onderskeidmaking op etniese gronde oorbodig
is, omdat dit oorwegend uit volksgenote bestaan.
|
|
|
|
|
Vrede
Dit is dus 'n staat wat nie deur etniese stryd of kompetisie om
regeringsmag ontwrig word nie.
|
|
|
|
|
Volksgenote
Dit is 'n staat waarin die ekonomiese bedrywige bevolking uit
volksgenote bestaan, selfs al behoort hulle tot verskillende klasse.
|
|
|
|
|
Volksarbeid
Dit is 'n staat waarin arbeid deur volksgenote verrig word en
nie deur vreemdes nie, selfs nie vreemdes wat bedags oor die grens
kom en saans teruggaan nie.
|
|
|
|
|
Vreemde arbeid
Dit is 'n staat waarin voorspoed, rus en veiligheid dus nie afhang
van vreemde arbeid en vreemde geld of deur skerp veiligheidsoptrede
afgedwing word nie.
|
|
|
|
|
Regering
Dit is gevolglik nie 'n staat waarin volksgenote die regering
beheer terwyl vreemdes in die meerderheid is en ekonomies die hef
in die hand het nie.

|
|
|
|
|
Gebiedskeuse
Die keuse vir 'n Afrikanervolkstaat moet val op of die gebied met
die grootste huidige konsentrasie van Afrikaners, of op die gebied
met die laagste totale bevolking wat deur ontwikkeling effektief beset
kan word.

|
|
|
|
|
Demografie
Afrikaners maak tans sowat 9% van Suid-Afrika se bevolking uit
en sowat 2% wanneer die totale bevolking in die volgende eeu 100 miljoen
verby steek; dit spreek vanself dat 9% nou en 2% later nie aan die
res staatkundige besluite kan voorskryf nie.
|
|
|
|
|
Grootte
Die grootte van 'n volkstaat moet bepaal word deur die vraag wat
Afrikaners kan beset, bewerk en verdedig; uiteindelik kan niks groter
as dit behou word nie.
|
|
|
|
|
Groeipunte
Drie ekonomiese groeipunte wat tot stede van 300 000 tot 500 000
inwoners uitgroei, kan saam met kleiner dorpies en plase in staat
wees om die Afrikanervolk se toekoms te verseker.
|
|
|
|
|
Bevolking
In die ooste en noorde van Suid-Afrika waar die meeste Afrikaners
woon, is 90% van die land se bevolking gevestig; slegs 9% daarvan
is Afrikaners en die swart bevolking se groei word op een miljoen
per jaar bereken.
|
|
|
|
|
Wes-Kaap
Die Suidwes-Kaap ervaar nou al vir jare 'n toestroming van 26
000 Xhosas per maand, terwyl die toestroming vanuit buurstate onophoudelik
voortduur.
|
|
|
|
|
Noordwes-Kaap
Die yl bevolking en onontwikkelde westelike deel van die land
met die Oranje-, Doring- en Olifantsriviere en ander natuurlike hulpbronne
bied aan Afrikaners 'n geleentheid om met hoë tegnologiese kundigheid
en verstedeliking binne die eertydse Suid-Afrika se grense 'n toekoms
te skep.
|
|
|
|
|
Buitewêreld
Die Weskus maak skakeling met Europa en die Eerste Wêreld
moontlik, terwyl die RSA steeds meer onder die invloed van die Ooste
mag kom.
|
|
|
|
|
Militêr
Om staatkundige beheer by wyse van militêre mag af te dwing
sal 'n permanente noodtoestand verg, langdurige militêre diens
van burgers vereis, buitelandse strafmaatreëls meebring en die
staat ontwrig en verarm.
|
|
|
|
|
Beginselgrondslag
Wanneer die Afrikanervolkstaat se beginselgrondslag reg is, kan
die hele volk se steun daarvoor opgeroep word, die wat hulle daar
wil vestig, sowel as die wat nie daar kan woon of wil woon nie. Hierdie
beginsel kan internasionaal verdedig word.
|
|
|
|
|
Deel van oplossing
Die verwesenliking van 'n Afrikanervolkstaat moet deel wees van
'n oplossing vir die hele SA se bevolkingsprobleem; vrede en bestendigheid
in die hele land en beskerming van Afrikaners wat nie dadelik in die
volkstaat kan vestig nie, moet verseker word.
|
|
|
|
|
Vestiging
'n Bepaalde gebied moet vir Afrikanervestiging geoormerk word
met die vooruitsig dat meerderheidsbesetting daar bereik kan word
en met die uitdruklike verstandhouding dat hulle voortbestaan as kultuurgemeenskappe
verseker sal word.
|
|
|
|
|
Staatstigting
Die reg om tot staatstigting oor te gaan wanneer hulle dit nodig
ag en moontlik vind moet grondwetlik deur Suid-Afrika erken word.
|
|
|
|
|
Vrygewerk
Die Afrikanervolk sal dus deur Afrikaners vrygewerk moet word;
hulle taal en kultuur sal op die lange duur slegs in 'n volkstaat,
onder eie owerheid oorleef en die gedagte dat 'n volksgemeenskap
met allerhande truuks in een bedeling saam met ander gehandhaaf
kan word, blyk onrealisties te wees.
|
|